Sosiale Media

Facebook, Twitter, Instagram, Snapchat, Pinterest, Goodreads, en wat ook al daar is, sosiale media is hier vir soveel jaar en dit is basies hier om te bly, maak nie saak hoe jy daarna kyk nie. Facebook is in 2004 begin, Twitter ‘n paar jaar later en wie weet wanneer Instagram begin is, want dit is tot vandag super-gewild met fotos wat gedeel word en videos wat gedeel is.

Sosiale media kan gebruik word om basies jou mening te lewer oor ‘n nuusverwante saak, maar moenie die #hashtag vergeet as jy wil so graag hê jou mening oor watter beloftes Julius of Cyril in die media gemaak het net so voor die verkiesing, of wat Steve Hofmeyr of Donald Trump op Twitter weer kwytgeraak het. Moenie daardie #hashtag vergeet nie, nè. Of as jy jouself in donkerte bevind, gebruik net die woordjie #loadshedding dan het jy al die aandag op jou.

Bekendes wêreldwyd gebruik sosiale media om hulself te bemark, hul nuwe film, tv reeks of musiek te bemark of as hulle lus is, bloot net die aandag op hulle te vestig sodat hul vyande groen kan raak van jaloesie, of so iets omtrent? Wie weet ooit wat in hul koppe aangaan as hulle vreemd optree.

Sosiale media bring die wêreld basies bymekaar, maar het ook daardie lelike gewoonte om mense op te sweep en uitmekaar te skeur oor ‘n nuusverwante saak. Kyk soos byvoorbeeld groot nuusgebeure soos die Oscar Pistorius moordsaak en hoeveel mense vir en teen hom was? Baie mense het hom bygestaan terwyl ander hom as ‘n moordenaar gesien het, ek inkluis.

Die wêreld voor sosiale media was beslis ‘n wêreld waar jy eers nuus in ‘n koerant sal lees of ‘n bekende se vreemde optrede weens drankgebruik of dwelms in die nuutste uitgawe van Huisgenoot sal kry voor Facebook, Instagram of my liewe hemel, Twitter gebore was in die middel 2000’s.

Ek het eers in 2008 ‘n Facebook profiel oopgemaak en in 2009 ‘n Twitter profiel. In 2015 was ek op Instagram en die res is geskiedenis. Ek het Facebook en Instagram profiele oopgemaak om stories en fotos van my familie te deel en inspirerende boodskappies te deel met my vriende. Ek het my profiele basies begin soos met baie ander mense se redes. Om in verbinding te tree met ou skoolvriende en my familie. Maar beide profiele is basies baie privaat met weinig enige fotos wat gedeel is van my familie.

Twitter is meer publiek, maar daar deel ek net inspirerende boodskappe en soms sal ek my mening lewer oor rugby en boeke en watter interesante boeke ek gelees het al. En ek sien ook watter dinge ander mense sal sê op Twitter, soos met Donald Trump wat somtyds sy eie beuel sal blaas en die arme Hilary na amper drie jaar in ‘n slegte lig stel.
Sosiale Media speel ‘n positiewe rol in my lewe. Ek is op so ‘n manier in verbinding met my familie en ou skool vriende van my, ek begin nuwe vriendskappe en deel interresante dinge op hierdie platforms.

Ek het drie jaar gelede uit pure nuuskierigheid ‘n Facebook blad begin, min wetende dat ek eintlik ‘n verskil kon maak met die blad. Vandag is Fight Against Violence and Abuse ‘n redelike groot blog met 9200 lede sterk en maak mense bewus van die impak van geweld teen vroue en kinders hier in Suid-Afrika en wêreldwyd. Ek is tot vandag toe nie spyt dat ek hierdie blog begin het nie.

Alhoewel, my ervarings meestal positief is, is dinge nie altyd so nie. Sosiale media het sy slaggate waarin ek so maklik getrap het. Die positiewe aspek van ‘n negatiewe ervaring is dat ek daaruit geleer het. Wat om te sê en wanneer om ‘n wag oor jou mond te hou. Ek het al vreemde private boodskappe op Facebook en op Twitter gekry en ja, ek het my deel van debatte gehad oor negatiewe nuusgebeurtenis, gesond en ongesond. Ek moes leer deur dit als want mense wat agter hul skootrekenaars of slimfone sit, kan my onmiddelik opsom as óf ‘n aangename mens wat net ‘n verskil wil maak in mense se lewens, al vat dit net hierdie platforms om dit te doen óf as ‘n negatiewe suur mens wat net vaskyk in als wat negatief is.

Maar daar is ook dae dat ek net my foon en tablet wil los, my boek vat en lees, net om daarna op Goodreads my vriende te laat weet op watter bladsy ek op is van ‘n Jodi Picoult boek. Dit is wanneer ek net wil vergeet van die wêreld om my en in ‘n ander wêreld wees.

Ek bly weg van sensitiewe onderwerpe soos rassisme en somtyds politiek ook en sal dit maar eerder veilig speel. Want soms kan jou lewe uiters onaangenaam wees as jy een of ander storm ontketen het wat eerder kon gebly het. Op sosiale media leer jy bitter gou almal is geregtig op vryheid van spraak, en dit mense hemelsbreed verskil en nie altyd sal hou wat jy sê nie. Almal sê iets iewers langs die pad waarmee ek nie sal saamstem nie, maar ek respekteer hul menings en opinies.

Speel sosiale media ‘n rol in my lewe? ‘n Besliste ja dit doen. Dit hang ook altyd van my af hoe mense my ontvang aan die anderkant van die lyn en watter positiewe bydrae ek kan lewer op die ou einde van die dag.

Advertisements

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Google photo

You are commenting using your Google account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s